Vernuwing van maatskaplike norme as tema in afrikaanse jeuliteratuur vanaf 1985 tot 1995.

dc.contributor.advisorKlopper, E.M.
dc.contributor.authorShezi, B. K.
dc.date.accessioned2013-04-18T07:06:05Z
dc.date.available2013-04-18T07:06:05Z
dc.date.issued1999
dc.descriptionDissertasie ingehandig by die Faculty of Arts ter vervulling van die vereistes vir die graad Magister Artium in Afrikaans aan die Universiteit van Zululand, South Africa, 1999.en_US
dc.description.abstractHierdie studie behels ‘n ondersoek na jeugliteratuur, wat gesien word as verhale met eiesoortige kenmerke wat moet voldoen aan die sielkundige behoeftes van die tiener. Die doelwit is 'n ondersoek na die vernuwing van maatskaplike norme in Afrikaanse jeugliteratuur vanaf 1985 tot 1995. Hoewel maatskaplike norme ‘n sisteem vorm wat as gehee! deur die lede van die samelewing beheer moet word, kan die verhouding tussen verskillende rassegroepe uitgesonder word as die maatskaplike norm wat vir dekades ln groot bron van probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing was, en nog steeds nie volkome opgelos is nie. Daar word dan in hierdie studie gekyk na die uitbeelding van die verhouding tussen verskillende rassegroepe in Afrikaanse jeugliteratuur, en die hipotese wat getoets word, is dat die veranderde norme in die samelewing gereflekteer sal word in literatuur vir jongmense ten einde hulle te help om as volwaardige volwassenes op te tree. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie in enigeen van die verhale wat ontleed is, enige negatiewe rassistiese voorstellings van swart of ander karakters op grand van rasseverskille voorkom nie. Die Suid-Afrikaanse samelewing word uitgebeeld as ongemtegreerd en daar word ook erkenning gegee aan die feit dat daar grense en ongelykhede bestaan tussen mense op grand van politieke en sosiale faktore. Daar word egter ook aan die ander kant erkenning gegee aan die nadelige gevolge van hierdie politieke stelsel, en dit is vera! belangrik dat karakters uit verskillende rasse- en sosiale groepe as innerlik gelykwaardig uitgebeeld word. Daar word klem gele op die sielsgenootskap tussen mense en die feit dat ons almal op die psigiese vlak dieselfde probleme en behoeftes het, en dat mense, ongeag hulle velkleur, mekaar kan help in die groeiproses tot groter lewenskennis en selfinsig.en_US
dc.identifier.urihttps://hdl.handle.net/10530/1189
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of Zululanden_US
dc.subjectAfrikaans fiction--History and criticism.en_US
dc.subjectChildren's literature, Afrikaans--History and criticism.en_US
dc.titleVernuwing van maatskaplike norme as tema in afrikaanse jeuliteratuur vanaf 1985 tot 1995.en_US
dc.typeThesisen_US
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Vernuwing van maatskaplike norme as tema in afrikaanse jeugliteratuur vanaf 1985 tot 1995. BK Shezi.pdf
Size:
2.24 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: