Aspekte van die naamwoordkonstruksie in Griekwa-Afrikaans

Loading...
Thumbnail Image
Date
1993
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
In hierdie verhandeling word bepaalde aspekte beskryf van die naamwoordkonstruksie in Griekwa-Afrikaans, 'n vemarne niestandaarddialek van Afrikaans waaraan daar nog min gewerk is. Dit word bedoel as 'n bydrae tot 'n ewewigtiger benadering tot taalbeskrywing waarvolgens aile varieteite van Afrikaans as taalkundig gelykwaardig beskou word. Bepaalde aspekte van die naamwoordkonstruksie in Griekwa-Afrikaans word leksikaal en sintagmaties beskryf, waama 'n aantal hipoteses oor die verwantskap tussen GriekwaAfrikaans en die koine getoets word. Daar word eerstens tot die gevolgtrekking gekom dar daar by die naamwoordkonstruksie oorweldigende ooreenkomste op sowel leksikale as sintagmatiese vlak tussen GriekwaAfrikaans en die koine bestaan sonder dat daar beduidende verskille is. Tweedens word teen die verwagting in bevind dat die taalgebruik van die sprekers van Griekwa-Afrikaans 'n beduidende aantal hoogs komplekse naamwoordstukke bevat. Verder word bevind dat sommige sprekers se taalgebruik inherente variasie vertoon t.o.v, bepaalde aspekte van voomaamwoordelike gebruik en ander s'n nie, Laastens word bevind dat die Kokstad-, Philippolis- en Campbell-gebiede as afsonderlike spraakgemeenskappe beskou kan word op grond van die sprekers se voomaamwoordelike gebruikspatrone. Eng:=This dissertation focuses on a number of aspects of the noun phrase in Griekwa-Afrikaans, an important non-standard dialect of Afrikaans which has not yet been adequately described. It is intended as a contribution to a more balanced approach to linguistic description which accords all the dialects of Afrikaans equal merit. After particular aspects of the nominal construction in Griekwa-Afrikaans are described lexically and syntagmatically, a number of hypotheses are tested regarding the relationship between Griekwa-Afrikaans and koine Afrikaans. The first conclusion arrived at is that there are overwhelming similarities in the nominal construction on lexical as well as syntagmatic level between Griekwa-Afrikaans and koine Afrikaans without there being any significant differences. A second and unexpected conclusion is that recorded speech in Griekwa-Afrikaans contains a significant number of quite complex noun phrases. It was also concluded that some respondents exhibit inherent variation with regard to particular aspects of pronominal usage while others do not. Finally it was concluded that the Kokstad, Philippolis and Campbell areas can be considered separate speech communities with regard to pronominal usage.
Description
Submitted in partial fulfillment for the requirements of the Degree of Master of Arts in the Department of Afrikaans in the Faculty of Arts at the University of Zululand, South Africa, 1993.
Keywords
Griekwa-Afrikaans, Dialects of Afrikaans
Citation